Skool- en Koshuisgelde

Grey Kollege Primêr SKOOLGELDE 2026

Kragtens artikel 39 van die SA Skole Wet (SASA) is ‘n ouer of voog verantwoordelik vir die betaling van skoolgeld.  Die bestuursliggaam van ‘n Publieke Skool mag hierdie verskuldige skoolgeld van ‘n ouer/voog verhaal deur ‘n regsproses kragtens artikel 40 van SASA.

Die bedrag betaalbaar vir 2026  is R36 200 per skolier. Die fooie is vooruitbetaalbaar en moet ten volle vereffen wees voor of op 31 Oktober 2026.

U kan soos volg betaal:

  1. ‘n Eenmalige bedrag van R36 200 min korting van R2 710  = R33 490  indien die volle bedrag voor of op 31 Maart 2026 (einde van die eerste kwartaal) vereffen word.                                                                                
  1. Vier  paaiemente van:

            1ste  bedrag     R9 050     voor  31 Januarie 2026   

            2de   bedrag     R9 050     voor  30 April 2026     

            3de   bedrag     R9 050     voor  31 Julie 2026

            4de   bedrag     R9 050     voor  31 Oktober 2026

  1. Tien maandelikse paaiemente van R3 620 per maand. Die eerste paaiement is betaalbaar voor of op 31 Januarie 2026 en die laaste paaiement voor of op 31 Oktober 2026.

Direkte bankinbetalings:    
Rekeninghouer: Grey Kollege Primêr
Bank: Nedbank (Lopende Rekening)
Rekeningnommer: 1129206785
Takkode:198765
Verwysing: Leerling se rekeningnommer en Van
Faks of epos: 051 4443010/accounts@gcpb.co.za

Krediet-, Debiet- en SAMBA-kaartfasiliteite is beskikbaar by die finanskantoor van die Primêre skool. Kontant betalings moet asseblief direk by die bank inbetaal word.

Debietorder fasiliteite beskikbaar, vir verdere inligting kontak die finans kantoor.

Grey Kollege Primêr KOSHUISGELDE 2026

Die koshuisgelde betaalbaar vir 2026 is R58 300 per skolier.

Nuwe leerders betaal ‘n eenmalige intreegeld ten bedrae van R3 000, betaalbaar met aanvaarding van u aansoek.

Koshuisgelde is vooruit betaalbaar:

  1. Eenmalige bedrag van R58 300 betaalbaar teen 14 Januarie 2026.
  2. Vier paaiemente van:

            R14 575 betaalbaar voor of op 15 Januarie 2026,

            R14 575 betaalbaar voor of op 8 April 2026,

            R14 575 betaalbaar voor of op 21 Julie 2026, en

            R14 575 betaalbaar voor of op 8 Oktober 2026.

Koshuisgelde vir die kwartaal is vooruit betaalbaar. Stuur asseblief u bewys van betaling na accounts@gcpb.co.za.  Die finanskantoor sal vir u ‘n toegangsbewys uitreik ter bevesting van betaling van die nuwe kwartaal se fooie.  Geen leerder sal toegelaat word sonder hierdie toegangsbewys. 

Direkte bankinbetalings:  
Rekeninghouer: Grey Kollege Primêr koshuis
Bank: Nedbank
Rekeningnommer: 1183540671
Tak kode: 198765
Verwysing: U seun se rekening nommer en van

Krediet- en Debietkaart fasiliteite is beskikbaar by die koshuis op die eerste dag van die kwartaal. Kontant betalings moet asseblief direk by die bank inbetaal word.  Kontak gerus vir Annetjie van der Linde vir enige rekening navrae by 051 – 444 1006 of per epos na accounts@gcpb.co.za.

Grey NASORGGELDE 2026

  1. Fooie en betaling

NEEM KENNIS: ONS VERKIES DAT U DIE BETALING DOEN MET DIE KARRI TOEP (14 Nov. 2025 – 14 Januarie 2026).

Die fooie vir 2026 beloop R2940 per kind per kwartaal. Indien u aaneenlopend vir elke kwartaal 1-3 betaal het, kry u die vierde kwartaal gratis. Aangesien die aanvraag ongelukkig die beskikbare geriewe oorskry sal die reël geld van die eerste 30 wat betaal, sal eerste geholpe word. Daar is slegs 30 plekke beskikbaar vir Gr 3 & 4 en 30 plekke vir Gr 5 & 7.

Die skole heropen op Woensdag 14 Januarie 2026. 

Betaling kan dus as volg geskied:

  • Karri toep (14 Nov. 2025 – 14 Jan. 2026)
  1. Vorms

Die onderstaande ouerinligtingvorm moet persoonlik deur u voltooi word. U seun is verantwoordelik om die vorm op die eerste dag wat hy Nasorg bywoon, in te handig.

U het kans tot Maandag 19 Januarie 2026 om hierdie vorms in te handig.  Daarna sal u seun nie toegelaat word om uit te gaan vir pouse, totdat sy vorm ingehandig is.  Rede:  Indien hy beseer word het ons nie u inligting om u te kontak nie en die adminkantore is dan reeds gesluit. 

  1. Kospakkies

Leerders moet hul eie middagete saam bring.

  1. Lokaal

U seun/s gaan vanaf Maandag tot Donderdag na klaskamer K6 (Gr.3-4) en K8 (Gr 5-7).  Vrydae gaan alle Gr.3-7  leerders  na  K8 en Gr 1-2 na klaskamer K7.

           (Hierdie reëling geld vir die hele jaar.)

  1. Tye

Nasorg begin op die eerste dag van die kwartaal tot en met die dag voor die skool sluit. Dit is egter belangrik dat u daarop let dat daar GEEN nasorg op die dag voor die aanvang van ʼn langnaweek of vakansiedag  sal  wees  nie.         

Geen Nasorg op:

  • 20 en 21 Maart, Menseregtedag
  • 2, 3, 6, 24, 27 en 30 April
  • 1 Mei
  • 12, 15 en 16 Junie
  • 7 en 10 Augustus
  • Karnavaldag kwartaal 3 (gr. 1-7 nie nasorg nie)
  • Na Atletiekbyeenkoms kwartaal 4 by stadion (gr. 3-7 nie nasorg nie)

Nasorg begin stiptelik om 14h00. Die tydsduur vanaf die uitkom van die skool 13h30 tot 14h00 is die leerders onder die algemene toesig van die skool en nie van die nasorg onderwyser nie. Vanaf 15h00 tot 16h00 is dit pouse. Hy mag in hierdie uur op die gras by die Tuck Shop speel of in die klas werk indien hy baie huiswerk het.  Vanaf 16h00 gaan die seuns terug klas toe totdat hulle om 17h00 verdaag. Indien u seun vir watter rede ook al, op ‘n betrokke dag nie Nasorg sal bywoon nie, moet die kantoor (051-4443150) voor 9h00 geskakel word. Die sekretaresse sal die boodskap aan die personeellid aan diens deurgee. Heelwat leerders woon op Vrydae nie Nasorg by nie. Indien u seun een van hulle is, moet u ons skriftelik in kennis stel. Ons sal dit dan so aanteken sodat u nie elke Vrydag die kantoor hoef te skakel nie.

Die veiligheid van elke kind is vir ons van uiterste belang. Indien u seun die klas voor 17h00 moet verlaat, moet ouers hom persoonlik by die klas kom afhaal en die register teken.

Geen leerder sal toegelaat word om die klas voor 17h00 te verlaat indien bogenoemde prosedure nie gevolg word nie!

As u seun nog nie om 17h00 afgehaal is nie, sal die personeellid aan diens die seuns beveel om af te stap na die veiligheidswagte se lokaal by die hek. (Nelson Mandela ingang). U moet u seun dan daar oplaai. Druk u seun die belangrikheid van hierdie reël op die hart – dit is vir sy eie veiligheid!

Dit is belangrik om daarop te let dat die skool na 17h00 geen verantwoordelikheid vir u seun se veiligheid aanvaar nie.

  1. Kleredrag

Leerders woon Nasorg by in:

  • Volledige skooluniform of
  • Grey sportdrag
  • Winter = Grey sweetpakke
  • GEEN “GEWONE KLERE” (civvies) nie

Indien ‘n leerder verkies om sy skooldrag aan te hou, mag hy nie:

  • Sy skoene uittrek of das afhaal – nie eens gedurende pouse nie.
  • Wanneer die seuns om 17h00 verdaag moet hy sy volledige skooldrag aanhê of sy Grey sportklere.
  • Seuns moet voor 14h00 verklee.
  1. Dissipline

Die onderwyser aan diens het u hulp en ondersteuning in dié verband nodig.  

7.1 Dissipline Beleid:

Die Grey Dissiplinere Beleid geld ook vir Nasorgleerders.           

Ongelukkig was daar in die verlede ‘n paar seuns wie se gedrag nie na wense was nie. Die personeel aan diens sal voortaan baie streng teenoor oortreders optree en as u seun hom nie volgens die beleid gedra nie, sal ons hom moet vra om nie meer die nasorg by te woon nie. U sal dan vir die oorblywende tyd   vergoed word.                    

Waarskuwings sal o.a. vir die volgende gegee word:

  • Die klas ontwrig en vir almal wat wil werk ‘n steurnis is.
  • As hy op ander plekke i.p.v. voor die Nasorg-area speel.
  • Ander seuns se goed verniel en breek.
  • Boelie gedrag, sleg sê, afknouery, ens.

7.2 Hy moet betyds opdaag by Nasorg. Wanneer die skool vroeër sluit bv. 11:30 moet die leerders egter dadelik by K8 aanmeld na skool sodat die betrokke onderwyseres bewus is van die leerders wat die dag by die nasorg teenwoordig is en nie eers om 14h00 nie.  Wanneer ʼn leerder nie om 14h00 aanmeld by die nasorg nie, word hy as afwesig aangeteken.

7.3 Leerders moet elke kwartaal ‘n persoonlike buitemuurse program inhandig om aan te dui dat hulle nie ronddwaal op die skoolgronde nie, maar buitemuurse aktiwiteite bywoon.

7.4  U verwag  van hom om sy huiswerk te doen. Dit is onsinnig om in die klas te speel en dan saans sy huiswerk te wil doen. Gaan sy huiswerk na om te sien of dit afgehandel is.  

7.5 Hy mag SLEGS op die grasperk by die Tuck Shop speel. Ons skoolgronde is geweldig groot en waar gaan soek ons hom in geval van nood of ʼn krisis?           

7.6 Hy mag onder geen omstandighede gaan swem nie.  Slegs die hoërskool se koshuisseuns mag die swembad buite die amptelike oefentye gebruik.

 Leerders mag nie van hierdie seuns toestemming kry om te swem nie.

  1. Medikasie en beserings      

Vir ʼn ligte besering sal die onderwyser aan diens die nodige pleisters verskaf. Dit is egter uiters noodsaaklik dat u die medikasie vir allergieë soos bv. bysteek verskaf. U moet in rooi op die registervorm aandui dat die nooddienste onmiddellik geskakel moet word indien sy allergie dit vereis. Op dieselfde vorm moet u aantoon of hy medikasie mag ontvang al dan nie.

Moet op die eerste dag van bywoning by die onderwyser aan diens ingehandig word.