KULTUUR

Eunice Booyse

Hoof van Kultuur en Musiek

By Grey Kollege Primêr glo ons dat elke leerder ’n unieke talent het wat wag om ontdek te word. Van ’n vroeë ouderdom fokus ons op holistiese ontwikkeling waar akademie, sport en kultuur saamwerk om selfversekerde, afgeronde jong mans te vorm.

Ons lewendige kultuurprogram bied seuns die geleentheid om musiek, drama, kuns en redenaars te verken in ’n inspirerende omgewing waar hulle selfvertroue kan bou en hulself vrylik kan uitdruk. Ons musiekdepartement, een van die grootste onder primêre skole in Bloemfontein, fokus op die individuele leerder, met ’n sterk klem op kwaliteitonderrig bo kwantiteit. Leerders kan uitsien na ’n opwindende jaar gevul met koorfeeste, Voortrekker-aktiwiteite, debatskompetisies, kunswedstryde en onvergeetlike musiekkonserte. Grey Kollege Primêr bied die volgende kultuuraktiwiteite aan: Musiek, Drama, Dans, Kuns, Fotografie, Redaksie, Koor, Redenaars, Debat, Skaak en Voortrekkers.

Kultuur is die stem wanneer geen woorde dit kan verduidelik of uitdruk nie. Dit bou karakter en vorm tradisie.

“Imagination is the beginning of creation.” – George Bernard Shaw

Musiekdepartement

Boereorkes
Drumline
Grey Blaasorkes
Junior- en Seniorkoor
Marimbagroep
Snaarensemble
Individuele sang

Verrykende kultuuraktiwiteite

Drama / Toneel
Dans
Fotografie
Stabilis / Redaksie
Voortrekkers
Jesus Generasie
Debat
Redenaars
Kuns
Houtwerk

Eunice Booyse

Hoof van Kultuur en Musiek

Freda Malan

Hoof van Redenaars

Karen Grűndlingh

Hoof van Voortrekkers

Marina Ferreira

Hoof van Stabilis

Derene Lemmer

Hoof van Jesus Generasie

Leon Fourie

Hoof van Drama

Carmen Walraven

Hoof van Debat